Hierdie reeks Geskiedenisboekies is spesiaal opgestel om aan die vereistes van die nuwe sillabusse vir die Senior Primere Afdeling te voldoen en sluit aan by die boekies wat reeds in die Junior Sekondere Afdeling in gebruik is. Die sillabus begin met die aanloop tot die koms van Jan van Riebeeck na die Kaap. Om die geskiedenis vir die leerlinge sinvol en verstaanbaar voor te stel, moes die skrywer teruggaan na die ontdekking van die seeroete om die Kaap, die handel met die Ooste en die totstandkoming van die VOC. Die leerling behoort hier op baie elementere wyse gelei te word om die oorsaaklike verband van gebeure raak te sien en te verstaan. Uit die aard van die saak sal die aanbieding informeel geskied, want daar met steeds in gedagte gehou word dat geskiedenis 'n vormingsvak asook 'n kennisvak is.
This is Book 1 in the History: Geskiedenis Toe en Tans Series. See all History: Geskiedenis Toe en Tans books here.
No one has written a review for 'Geskiedenis Toe En Tans'
Why not be the first to share your opinion?