Hierdie reeks Geskiedenishandboekies is spesiaal opgestel om aan die vereistes van die nuwe sillabusse vir die Senior Primere Afdeling te voldoen en sluit aan by die boekies wat reeds in die Junior Sekondere Afdeling gebruik word. Die sillabus begin met die Groot Trek, een van die vername gebeurtenisse in die geskiedenis van ons land, wat gelei het tot die vestiging van onafhanklike Republieke in die noorde. Daarop volg die pogings om die Britse kolonies en die Republieke te verenig; dit lei tot Uniewording in 1910 en, na 'n halwe eeu, loop dit in 1961 op Republiekwording uit. Intussen word ook die vestiging van die Swart nasies in Suid-Afrika behandel. Alleen 'n oorsigtelike behandeling van hierdie werk word verland maar dis belangrik dat die leerling gelei word om die oorsaaklike verband tussen die gebeurtenisse raak te sien en te verstaan.
This is Book 1 in the History: Geskiedenis Toe en Tans Series. See all History: Geskiedenis Toe en Tans books here.
No one has written a review for 'Geskiedenis Toe En Tans'
Why not be the first to share your opinion?