Suksesvolle mens- en sosiale wetenskappe is 'n uitdagende en stimulerende kursus vir die senior fase wat aan die vereistes van die uitkomsgebaseerde kurrikulum voldoen. Die Graad 9 leerdersboek en Onderwysersgids saam verskaf 'n ondersteuningsprogram wat leerders en onderwysers bemagtig, vaardighede en kennis ontwikkel en kreatiewe en kritiese denke bevorder. Die kursus bied die volgende: Dekking van uitkomste: Duidelike opsommings in die Onderwysersgids toon hoe die kursus die kritieke en spesifieke uitkomste en assesseringskriteria van Mens- en Sosiale Wetenskappe dek. Assessering: 'n Verskeidenheid aktiwiteite bied gereeld geleenthede vir assessering. Die Onderwysersgids verskaf duidelike riglyne vir deurlopende assessering, selfassessering en assessering deur die portuurgroep. Die Onderwysersgids sluit fotokopieerbare assesseringsblaaie in om assessering makliker te maak. Skakels met ander leerareas: Goed beplande lesse lei leerders om vaardighede aan te leer wat belangrik is vir ander leerareas en die werklike wereld. Tabelle in die Onderwysersgids som uitkomste in al agt leerareas op.
Ander kenmerke van die kursus: 'n Deeglike inleiding tot UGO verduidelik belangrike konsepte en terminologie. Probleemoplossingsaktiwiteite moedig leerders aan om kritiese en kreatiewe denke te ontwikkel, en inligting op 'n verskeidenheid maniere te gebruik en oor te dra. Aktiwiteite in groepe en pare bied leerders geleenthede aan om goed saam te werk en van hul portuurgroep te leer. 'n Fokus op omgewings-en sosiale kwessies ontwikkel 'n verantwoordelikheidsin vir die werklike wereld waarin leerders leef.
This is Book 1 in the Suksesvolle Mens En Sosiale Wetenskappe Series. See all Suksesvolle Mens En Sosiale Wetenskappe books here.
No one has written a review for 'Suksesvolle Menslike En Sosiale Wetenskap'
Why not be the first to share your opinion?