Teen die reëls

by

Write a Review

Nou vir die eerste keer in Afrikaans, ’n verwerking van Born a Crime and Other Stories – die Suid-Afrikaanse en New York Times-#1-topverkoper.
“As my ma een doel voor oë gehad het, was dit om my verstand te bevry. My ma het soos ’n grootmens met my gepraat. Sy het gedurig vir my stories vertel, vir my lesse geleer, veral lesse uit die Bybel. Sy was mal oor Psalms. Ek moes elke dag Psalms lees. Sy het my agterna gepeper met vrae daaroor. ‘Wat beteken daardie gedeelte? Wat beteken dit vir jou? Hoe kan jy dit in jou lewe toepas?’ So het dit elke dag van my lewe gegaan. My ma het gedoen wat die skool nie kon doen nie. Sy het my geleer hoe om te dink.”
Trevor Noah het in Suid-Afrika grootgeword met ’n swart Suid-Afrikaanse ma en ’n wit Switserse pa – in ’n tyd toe dit teen die wet was vir ’n kind van gemengde rasse om te bestaan. Maar Trevor het bestaan.
In Teen die reëls vertel hy van sy grootwordjare. Die stories wat hy in dié boek vertel, sal jou laat lag, huil en jou vol verwondering en inspirasie laat, terwyl jy dié ondeunde seuntjie met sy vlymskerp brein en humorsin leer ken. Teen alle verwagtinge in, en danksy sy ma se onfeilbare liefde en geloof in hom, het Trevor hope struikelblokke oorkom om vir hom ’n belowende toekoms te skep.

Teen die reëls Reviews | Toppsta

9781776251940

Share on

Videos

If you would like to provide a video review please sign up to our video panel.

Sign up to our newsletter for...

Free Book Giveaways, Recommendations & more

Be the first to write a Review


No one has written a review for 'Teen die reëls'

Why not be the first to share your opinion?

About Trevor Noah

Born under apartheid to a black South African mother and a white European father, Trevor Noah's improbable rise to stardom led to his sold-out one-man show at the 2012 Edinburgh Fringe Festival that became one of the most talked-about shows at the festival that year. He has appeared on QI, 8 Out of 10 Cats, The Royal Variety Performance and Live at the Apoll

More about Trevor Noah

Ratings

  • (0 Reviews)
  • (0 Reviews)
  • (0 Reviews)
  • (0 Reviews)
  • (0 Reviews)